During the Annual General Meeting of the Protein Research Foundation held on 7 November 2017 Mr Andries Theron was elected as Chairperson and Dr Erhard Briedenhann as Vice Chairperson of the Board of Trustees of the Protein Research Foundation.
Tydens die Algemene Jaarvergadering van die Proteïennavorsingstigting gehou op 7 November 2017 is Mnr Andries Theron tot Voorsitter en Dr Erhard Briedenhann tot Visevoorsitter verkies van die Raad van Trustees van die Proteïennavorsingstigting.
National Sclerotinia Initiative 2017 Annual Meeting
PROTEIN RESEARCH FOUNDATION — 2017-10-09
For more information, please refer to the programme of the National Sclerotinia Initiative 2017 Annual Meeting View programme
Sien asseblief program en handelinge van die "National Sclerotinia Initiative 2017 Annual Meeting" vir julle kennisname. Besigtig program
Bolwurm en ruitrugmot beheer in canola – wenke aan produsente
CHRIS CUMMING (PNS KONSULTANT) — 2017-09-29
Uitbrake van bolwurm (veral Swartland) en ruitrugmot het saam met die onlangse warmer weer hul verskyning gemaak. In hierdie jaar waar onegalige en laer opbrengspotensiaal oeste algemeen verwag word, moet produsente mooi besin of hulle moet spuit en wanneer om te spuit.
Wenke wat hierdie besluite makliker mag maak, sluit die volgende in:
Het die plaagstatus die aanbevole drumpelwaarde bereik? Vir bolwurm moet daar 5 tot 10 larwes m-2 wees en vir ruitrugmot is die getal 17 tot 23 wurms m-2 langer as 3-4mm in die middel tot laat blomstadium en 43 tot 57 wurms in die peulvulstadium.
Spuit net geregistreerde produkte teen die aanbevole dosis. Dit is bemoeilik deurdat methomyl, wat die produk van keuse by bolwurm beheer is, tans uit voorraad is en waarskynlik eers oor 7 tot 10 dae weer beskikbaar sal wees.
Weerstandbiedenheid van bolwurm teen die piretroide groep insekdoders kom redelik wyd voor in die Wes-Kaap. Lugbespuiting van hierdie middels, veral onder warmer weerstoestande, kan lei tot swak beheer.
Reën, en veral swaar buie, kan die populasie van beide plae dramaties verlaag. Monitor die populasie na reën om te bevestig of 'n bespuiting nog nodig is.
Klein larwes van beide peste rig selde ekonomiese skade aan canola aan, dus moet daar gereeld gemonitor word om seker te maak dat die populasie wel toeneem. Dit is ook so dat dit makliker is om kleiner larwes te beheer as groter larwes. Bolwurm kan van pasuitgebroeide wurms tot sesde instar larwes van 30mm lengte ontwikkel in 14 dae.
Canola Opbrengskompetisie 2017
PROTEïENNAVORSINGSTIGTING — 2017-07-01
Na 'n baie suksesvolle kompetisie gedurende 2016 waarin uitstekende opbrengste behaal is en 'n wen-opbrengs van meer as 3-ton per hektaar in die Suid-Kaap behaal is, het die Proteïennavorsingstigting (PNS) besluit om die kompetisie gedurende 2017 voort te sit.
Die doel van die PNS Canola Opbrengskompetisie is om canolaprodusente aan te spoor om te streef na hoër graanopbrengste. Daarom sal die produsent wat gedurende die 2017 seisoen die hoogste canolagraanopbrengs per hektaar behaal, beloon word met 'n kontantprys van R25 000. 'n Wenner sal vir elk van die Swartland en Suid-Kaap produksiegebiede aangewys word. Slegs canola wat sonder enige besproeiing verbou word sal kwalifiseer. Die grootte van die ingeskrewe kamp/land moet nie kleiner as 15 hektaar en verkieslik nie groter as 50 hektaar wees en 'n erkende canola (Brassica napus) cultivar moet verbou word.
Hierdie kompetisie bied ook geleenthede aan insetverskaffers in die canolabedryf om hulself te adverteer deurdat maatskappye/landboubesighede hulself aan spesifieke deelnemers kan verbind deur produksiemiddels soos saad, bemestingstowwe, plaagdoders ensovoorts van deelnemende produsente te borg of as tegniese adviseur vir die produsent op te tree.
Inskrywings vir die 2017 kompetisie open op 1 Julie 2017. Inskrywing moet elektronies aanlyn geskied op die webtuiste van die PNS en besonderhede rakende die reëls van die kompetisie asook die inskrywingsvorms is op genoemde webblad beskikbaar. Inskrywings sluit vanjaar op 31 Augustus 2017 en aangesien daar vir die 2017 seisoen slegs 15 inskrywings vir elk van die Swartland en Suid-Kaap produksiegebiede toegelaat sal word is dit egter belangrik dat voornemende deelnemers so gou moontlik moet inskryf.
Meer inligting kan ook verkry word deur André Agenbag te skakel by 082 221 5944.
Canola Grownotes Western Australia
PROTEIN RESEARCH FOUNDATION — 2017-03-24
Please note that Grains Research and Development Corporation (GRDC) from Australia has published Grownotes Western Australia on their website
(your browser must have the latest version of Adobe Flash Player installed to view the online publication).
Neem asseblief kennis van die publikasie getitel Grownotes Western Australia, wat beskikbaar is op die webblad Grains Research and Development Corporation (GRDC) van Australië (die nuutste weergawe van Adobe Flash Player is nodig om hierdie publikasie aanlyn te besigtig).
List of Soybean Pamphlets
The following soybean pamphlets are available. Contact Maria du Preez at +27 11 803 2579 or prf-logo.svg for more information: